top of page

Die Kaggel VlakVark

Die Vlakvark is n nuwe en unieke kaggel/ stoof konsep in Suid Afrika. Met sy oorsprong in die Kanadese dennewoude het ons hom angepas vir plaaslike toestande. 

Sy konstruksie van buisstaal en platstaal vorm 'n hitteruiler wat maksimum hitte oordrag verseker na die omliggende atmosfeer. Die lug in die buise word verhit en dit veroorsaak dat die warm lug opstyg en bo by die buise ontsnap. Koue lug word weer onder by die buise ingetrek en die proses herhaal homself. Sodoende word 'n konveksie gevorm wat lei tot die spoedige verhitting van die vertrek.

 

Ons Vlakvark....sag op die oog, in enige vertrek. 

bottom of page